Thank
you for supporting us by spreading the word to your friends,
family and colleagues.
www.labourguide.co.za
|
|
Simply enter
your e mail address to receive free up-to-date labour
news
We undertake to use the mail address for
this purpose only. You will be able to unsubscribe at any time.
|
Important
The South African Labour
Guide is a private company and has no association
with the Commission for Conciliation, Mediation and
Arbitration (CCMA), you may find the CCMA on www.ccma.org.za
|
CCMA Statement: Provided by the Commission for Conciliation,
Mediation and Arbitration (CCMA)
© SA
Labour Guide 2010 |
| |
Teistering
André Claassen
Elke individu moet
met waardigheid en respek in die werksplek hanteer te word. Teistering ongeag
die aard daarvan spreek tot niemand se voordeel nie, en kan nie toegelaat word
in die werksplek nie.
Dit is die plig
van werkgewers om hulle werkers te beskerm teen teistering en om hulle in te lig
en te onderrig in hierdie aangeleentheid.
Teistering is ʼn
insident wat met ʼn individu in die werkplek gebeur het wat onwelkom, ongevraagd
en wat ʼn vernietigende effek kan hê. Voorbeelde van teistering sluit die
volgende in:
-
Baasspelery, karnuffelry,
afknouery, boelie;
-
Die verspreiding van
kwaadwillige gerugte, om iemand te beledig, veral met betrekking tot geslag,
ras of ongeskiktheid;
-
Om iemand te spot of ʼn
bespotting van iemand te maak - op hulle te pik of hulle
-
Viktimisasie;
-
Onbillike behandeling wat
gebaseer is op, geslag, seksuele oriëntasie, swangerskap, ouderdom, geloof,
HIV status ensovoorts;
-
Misbruik van mag of
posisie;
-
Die maak van ongegronde
dreigemente of aanmerkings rakende werk sekeriteit;
-
Doelbewus ʼn bevoegde werker
ondermyn deur hom te oorlaai met werk of aanhoudende ongegronde kritiek;
-
Om te voorkom dat individue
vorder deur doelbewus hulle bevorderings moontlikhede en opleidings
geleenthede te blokkeer.
Dit is nodig dat
werknemers stappe neem teen teistering aangesien dit nie alleenlik
onaanvaarbaar op morele gronde is nie, maar kan ook probleme vir die
organisasie veroorsaak in terme van:
-
Skending van menseregte;
-
Swak moraal en swak
werknemer verhoudinge;
-
Dit hou ʼn bedreiging vir
die fisiese en psigiese prestasie van die werknemers in;
-
Dit eindig baie dikwels in
die onverklaarbare afwesigheid van die werknemers, laatkommery en swak
konsentrasie by die werk. Dit veroorsaak ʼn vyandige intimiderende en
onaanvaarbare werk omgewing wat kan lei tot die verlies van produktiwiteit
of kan selfs aanleiding gee dat werkers bedank.
Individue wat
geteister word kan die volgende riglyne volg:
-
Hou rekord van al die
insidente, maak aantekeninge oor die tyd en datum, potensiële getuies sowel
as wat gebeur het;
-
Eerstens kan daar gepoog
word om informeel direk met die teisteraar te praat, neem ʼn getuie saam.
Individue kan ook ʼn formele klagte indien deur gebruik te maak van die
griewe prosedure;
-
Kontak jou unie vakbond
indien jy aan een behoort. Indien jy nie aan ʼn vakbond behoort nie, kontak
die maatskappy se personeel bestuurder of iemand anders in ʼn posisie van
outoriteit , soos byvoorbeeld jou toesighouer of ʼn senior bestuurder.
-
Indien jy vir ʼn kleiner
besigheid werk en die bogenoemde keuses is nie tot jou beskikking nie,
kontak die KBVA vir hulp rakende jou regte in terme van die arbeids
wetgewing.
-
Wanneer die aangeleentheid
rapporteer is, moet die maatskappy (of unie) die saak ondersoek.
Bronne gebruik: Inligtingsblad ten opsigte Teistering verskaf
deur die (Kommissie vir bemiddeling, versoening en arbitrasie (KBVA).
Vir meer inligting besoek www.labourguide.co.za
| |
|
Simply enter
your e mail address to receive free up-to-date labour
news
We undertake to use the mail address for
this purpose only. You will be able to unsubscribe at any time.
|
|
|