|
|
|
Poligraaf Toetse
André Claassen
ʼn Poligraaf word soms ook ʼn leuenverklikker toets genoem. Poligraaf toetse is ʼn relatiewe nuwe begrip in Suid Afrika, veral met verwysing na die werksverhouding. Dit is belangrik om daarop te let dat geen persoon verplig kan word om ‘n poligraaf toets te ondergaan nie. Om ʼn persoon te dwing om ʼn poligraaf toets te af te lê is strydig met die Konstitusie van die land. Geen toets mag afgelê word sonder die skriftelike toetemming van die persoon wat die poligraaf toets moet ondergaan nie. Voorts is dit nodig dat sekere prosedures gevolg by die afneem van die poligraaf toets.
Werkgewers gebruik poligraaf toeste ten einde spesifieke insidente te ondersoek soos byvoorbeeld:
Die uitslae van ʼn poligraaf mag net aan gemagtigde persone bekend gemaak word. Daar is enkele gevalle waar poligrafiste wel toegelaat is as spesialis getuies in die KBVA. Die kommissaris het die jurisdiksie en verantwoordelikheid om te besluit of die bepaalde getuies toelaatbaar en betroubaar is, al dan nie. ʼn Poligraaf mag nie geïnterpreteer word dat skuld geïmpliseer word nie. Dit kan wel as ʼn verswarende omstandigheid dien, veral as daar ook ander bewyse van wangedrag is, met ander woorde dit kan gebruik word om bestaande bewyse te ondersteun. Werkgewers moet versigtig wees wanneer dit kom by die afneem van poligraaf toetse, die uitslag van die toetse verteenwoordig normaalweg niks anders as hoorsê getuienis nie. Bronne gebruik: Inligtingsblad ten opsigte poligraaf toetse verskaf deur die (Kommissie vir bemiddeling, versoening en arbitrasie (KBVA). Vir meer inligting kontak andre@labourguide.co.za of besoek www.labourguide.co.za |
|
|
Contact
numbers: (Training courses, seminars and conferences only)
Pretoria (012) 661 3208, Fax (012) 661 1411
The South African Labour Guide is a private company and has no association with the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA), you may find the CCMA on www.ccma.org.za |