|
|
|
Nuwe Minimum lone vir huis bediendes
en tuin werkers
Desember 2007 tot 30 November 2008
Die nuwe tabelle wat die loon verhogings vir huiswerkers reguleer vir die tydperk 1 November 2007 tot 30 November 2008 is verlede week deur die Departement van Arbeid beskikbaar gestel. Die lone word verdeel in twee areas naamlik Area A en Area B. Enige area wat nie in Area A gemeld word nie, is outomaties ingesluit in area B . Area A verteenwoordig meestal stedelike gebiede en Area B die meer landelike gebiede. Die verhoging is van toepassing op alle areas en word bereken deur die minimum loon van 2007 te neem, plus 9.3% . Die verhoging het reeds op 1 Desember 2007 in werking getree. Die nuwe verhogings is gebaseer op die VPIX-inflasiekoers vir Oktober 2007, wat 7.3 % is, plus 2% wat die totale verhoging te staan bring op 9.3 %. Werknemers wat meer as 27 ure per week werk. Area A (dit is nodig dat die tabelle geraadpleeg word om te bepaal in watter area geval word)
Area B : (alle areas wat nie in area A gemeld word nie.)
Werknemers wat minder as 27 uur per week werk.: Area A :
Die totale in die tabelle verteenwoordig die bruto salaris voor aftrekkings Area B : (alle areas wat nie in area A gemeld word nie.)
Die bostaande totale is die bruto salaris voor aftrekkings Met verwysing na die inligting is die nuwe minimum loon vir area A, vir werknemers wat vir meer as 27 uur per week werk dus R 1166-05 per maand. Werknemers wat reeds meer as die minimum vergoeding ontvang is nie outomaties geregtig op die verhoging nie. In teenstelling moet werkers wat huidiglik minder as die minimum bedrae kry se salarisse verhoog word tot nie minder as die absolute minimum nie. Vir meer inligting kontak die Departement van Arbeid op (011) 497 3303 / 3304 / 3310 / 3316, of (012) 309 4140. Die nuwe loon tabelle insluitende die demografiese areas is beskikbaar op die webwerf van die Departement van arbeid www.labour.gov.za sowel as op www.labourguide.co.za Die nuwe minimum lone kan ook verkry word deur bloot ʼn epos te stuur na info@labourguide.co.za met minimum lone in die onderwerp spasie. |
|
|
Contact
numbers: (Training courses, seminars and conferences only)
Pretoria (012) 661 3208, Fax (012) 661 1411
The South African Labour Guide is a private company and has no association with the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA), you may find the CCMA on www.ccma.org.za |