CCMA Information


Labour Court Judgements

Health and Safety



Most recent publications


UIF

AARTO



Discipline & Dismissal


Contracts of Employment

Poor performance



Conditions of Employment


Consumer Protection Act

Courses & Workshops 2012



Employment Equity


FAQs

Retrenchments



Contact Us


COID

Regular Concerns

 

Newsletter Signup

Your Email Address: *
 

1

 

facebook
twitter

 

Redes vir ontslag

André Claassen

Arbeidswetgewing maak voorsiening vir drie tipes van ontslag naamlik ontslag vir wangedrag, swak prestasie (wat swak prestasie vir ongeskiktheid insluit) asook ontslag as gevolg van operasionele vereistes. Vir elkeen van die tipes van ontslag is daar sekere prosedures om te volg. Die meeste werkgewers verwar soms swak prestasie met wangedrag. Alvorens ʼn proses gevolg word is dit nodig dat die oorsaak van die onbevredigde gedrag bepaal word.

 

Wangedrag verteenwoordig oortredings soos bv. diefstal, oneerlikheid, die weiering van wettige en redelike opdragte ensovoorts. By elkeen van die voorbeelde het die werknemer dus sekere reëls oortree. Dit beteken dat die persoon ʼn keuse gehad het en dat hy besluit het om nie die tugkode te gehoorsaam nie. Ter verduideliking kan gemeld word dat niemand per abuis lieg nie, niemand steel per abuis of weier per ongeluk ʼn wettige opdrag nie. Omdat die werknemer dus bewustelik ʼn reël oortree of verbreek het, sal die persoon dus getug moet word. Die persoon sal derhalwe gedissiplineer moet word in terme van die tug prosedure. Dissipline sluit waarskuwings en/of moontlike ontslag in.

 

In teenstelling met wangedrag waar die werknemer doelbewus ʼn reël oortree of gebreek het, het swak prestasie met sitasies te doen waaroor die werknemer nie noodwendig beheer oor het nie. Die werknemer lewer dus nie doelbewus swak diens nie, maar ander faktore kan daarvoor geblameer word. Hierdie sluit faktore in soos byvoorbeeld onvoldoende opleiding, gebrek aan hulpmiddele, gebrek aan ondervinding, swak gesondheid ensovoorts.

 

Omdat die werknemer dus nie direk verantwoordelik is vir die gedrag nie en hy nie met opset swak diens verrig nie kan dissiplinêre aksies nie geneem word nie. Dit maak nie sin om ʼn persoon te blameer vir iets soos byvoorbeeld siekte waaroor hy geen kontrole het nie. In hierdie gevalle moet daar beraad geslaag word met die werknemer ten einde die oorsake van die swak prestasie te identifiseer en oplossings daarvoor te vind. In plaas van ʼn dissiplinêre verhoor sal ʼn beradings proses gevolg word.

     

Die derde en laaste tipe van ontlag is as gevolg van operasionele vereistes wat te doen het met ekonomiese omstandighede onder andere ʼn tekort aan geld of ʼn tekort aan werk. Eersgenoemde in gevalle waar die werkgewer dit nie langer kan bekostig om ʼn sekere aantal werknemers in diens te hou nie of miskien nuwe rekenaars of gevorderde toerusting bekom het wat ʼn sekere aantal werknemers oortollig maak.

 

Die proses wat hier gevolg word, word beskryf in artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Die sluit onder andere in om oorleg te pleeg met die werknemers wat geraak word en alternatiewe voorstelle te oorweeg ten einde die ontslag te voorkom.

    

Gedurende die proses moet die werkgewer ook sekere inligting openbaar maak soos bv. die aantal werknemers wat deur die proses geaffekteer gaan word, die kriteria wat gebruik is om op die werknemers te besluit byvoorbeeld die beginsel van laaste in eerste uit (LIFO), kwalifikasies, ondervinding ensovoorts.

     

Vir meer inligting kontak This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Courses & Workshops


Investigators & Initiators

24 & 25 May 2012
Southern Sun: OR Tambo International Airport


Health and Safety Representative Course

25 May 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport


30, 31 May & 01 June 2012
Southern Sun: OR Tambo International Airport

New Amendment Bills for the Labour Relations Act (LRA) and the Basic Conditions of Employment Act (BCEA)

07 June 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

13 June 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

  
Basic Labour Relations

07 June 2012 

Southern Sun: OR Tambo International Airport

08 June 2012

Southern Sun: Century City: Canal Walk: Cape Town  

Hazard Identification and Risk Assessment
08 June 2012
Southern Sun: OR Tambo International Airport
05 July 2012
Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town
 
Chairing Disciplinary Hearings
20 & 21 June 2012
Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

Recruitment, Selection and Appointment of Candidates
22 June 2012
Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town
27 June 2012
Southern Sun: OR Tambo International Airport

Policies & Procedures
14 June 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport


Managing Day to Day Issues/ Problem Employees

28 June 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport


Health and Safety Incident/Accident Investigation (OHS and Mine Health and Safety)
29 June 2012
Southern Sun: OR Tambo International Airport
06 July 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

Our Clients

Click here for a list of companies/ institutions that attended public courses and/or in-house training courses presented by Labour Guide during 2011



 
seta

Contact Details
Training courses,seminars and conferences

Labour Law and IR Related Workshops
(012) 661 3208
Fax: (012) 661 1411
Peraldo This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or Magda This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Susan Brits This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Contact Details
Health and Safety 


Health and Safety Related Workshops
(012) 666 8284
Fax: (012) 666 8264
Deidre This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Tinus Boshoff This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it