CCMA Information


Labour Court Judgements

Health and Safety



Most recent publications


UIF

AARTO



Discipline & Dismissal


Contracts of Employment

Poor performance



Conditions of Employment


Consumer Protection Act

Courses & Workshops 2012



Employment Equity


FAQs

Retrenchments



Contact Us


COID

Regular Concerns

 

Newsletter Signup

Your Email Address: *
 

1

 

facebook
twitter

 

Proeftydperke

André Claassen

Daar bestaan soms onduidelikheid oor wat presies bedoel word met 'n proeftydperk. Werknemers, insluitende werknemers wat op ʼn proeftydperk aangestel is het die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Deur persone op proeftydperke aan te stel beteken nie dat werkgewers ʼn groen lig het om werknemers sonder enige prosesse onbillik af te dank nie.

 

Die wet op Arbeidsverhoudinge in Bylae 8 verskaf riglyne met betrekking tot prosedures wat by proefaanstellings gevolg moet word. Die doel van ʼn proeftydperk is om die werkgewer die geleentheid te gee om die prestasie van die werknemer te evalueer alvorens ʼn permanente aanstelling gedoen word. Dit is sal onregverdig wees om ʼn werknemer wat op ʼn proeftydperk aangestel is die geleentheid te ontneem om permanent aangestel te word bloot deur ʼn nuwe persoon in sy plek aan te stel.

 

Dit is belangrik dat proeftydperke vooraf bepaal word. Die wet gee nie riglyne oor hoe lank ʼn proeftydperk moet wees nie , maar voer aan dat die aard van die werk die proeftydperk moet bepaal. Die proeftydperk moet dus redelik wees ten opsigte van die take wat verrig moet word. ʼn Proeftydperk vir moeiliker en meer gespesialiseerde poste sal noodwendig langer as die van roetine werk soos byvoorbeeld skoonmakers wees.

 

Gedurende die proeftydperk is dit nodig dat die prestasie van die werknemer geevalueer word. Dit is noodsaaklik aangesien die werknemer presies moet weet wat van hom verwag word en indien sekere aspekte nie na wense is nie te korrigeer.  ʼn Deel van die evaluasie proses is om die werknemer in kennis te stel van die prestasie of standaard van hom verwag word.

Gedurende ʼn redelike evaluasie proses moet aspekte soos onderrig, leiding en berading teenwoordig wees. As die werknemer nie daarop gewys word dat sy prestasie nie op standaard is nie, sal hy nie bewus wees van enige gebreke nie. Die werknemer kan sodoende nie verkwalik word as hy aanvaar dat sy werk op standaard is en bestuur tevrede is met die kwaliteit van werk nie.

 

Om bloot nie ʼn permanente aanstelling aan te bied (sonder ʼn evaluerings proses) na die proeftydperk nie, en om redes aan te voer dat die prestasie nie op standaard is nie, sal nie aanvaarbaar wees nie. ʼn Proeftydperk kan slegs verleng word indien die werknemer of sy verteenwoordiger die geleentheid gegee is om ʼn vertoë te rig en dit deur die werkgewer oorweeg is.

 

Verlenging van proeftydperke mag slegs oorweeg word vir redes wat met proef verband hou. Die verlengde tydperk moet ook billik wees en nie onrealisties lank wees in terme van dit wat die werkgewer poog om te bereik nie. In situasies waar ontslag gedurende die proeftydperk oorweeg word, moet dieselfde prosesse gevolg word as in die geval van permanente werknemers byvoorbeeld beradings sessies vir swak prestasie en dissiplinêre prosedures in gevalle van wangedrag.

 

Indien die werknemer nie tevrede is met die verlenging van ʼn proefperiode nie, kan die aangeleentheid na die kommissie vir bemiddeling, versoening en arbitrasie (KBVA) of relevante bedingingsraad verwys word. 

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it '; document.write( '' ); document.write( addy_text84301 ); document.write( '<\/a>' ); //--> This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Courses & Workshops


Investigators & Initiators

24 & 25 May 2012
Southern Sun: OR Tambo International Airport


Health and Safety Representative Course

25 May 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport


30, 31 May & 01 June 2012
Southern Sun: OR Tambo International Airport

New Amendment Bills for the Labour Relations Act (LRA) and the Basic Conditions of Employment Act (BCEA)

07 June 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

13 June 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

  
Basic Labour Relations

07 June 2012 

Southern Sun: OR Tambo International Airport

08 June 2012

Southern Sun: Century City: Canal Walk: Cape Town  

Hazard Identification and Risk Assessment
08 June 2012
Southern Sun: OR Tambo International Airport
05 July 2012
Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town
 
Chairing Disciplinary Hearings
20 & 21 June 2012
Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

Recruitment, Selection and Appointment of Candidates
22 June 2012
Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town
27 June 2012
Southern Sun: OR Tambo International Airport

Policies & Procedures
14 June 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport


Managing Day to Day Issues/ Problem Employees

28 June 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport


Health and Safety Incident/Accident Investigation (OHS and Mine Health and Safety)
29 June 2012
Southern Sun: OR Tambo International Airport
06 July 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

Our Clients

Click here for a list of companies/ institutions that attended public courses and/or in-house training courses presented by Labour Guide during 2011



 
seta

Contact Details
Training courses,seminars and conferences

Labour Law and IR Related Workshops
(012) 661 3208
Fax: (012) 661 1411
Peraldo This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or Magda This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Susan Brits This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Contact Details
Health and Safety 


Health and Safety Related Workshops
(012) 666 8284
Fax: (012) 666 8264
Deidre This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Tinus Boshoff This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it