CCMA Information


Labour Court Judgements

Health and Safety



Most recent publications


UIF

AARTO



Discipline & Dismissal


Contracts of Employment

Poor performance



Conditions of Employment


Consumer Protection Act

Courses & Workshops 2011



Employment Equity


FAQs

Retrenchments



Contact Us


COID

Regular Concerns

 

Newsletter Signup

Your Email Address: *
 

1

 

facebook
twitter

 

Krag onderbrekings (Deel 1)

André Claassen


Baie is al gesê en geskryf oor die huidige elektrisiteit tekort in die land. Ongelukkig is die werksplek nie immuun teen die probleem nie en affekteer dit elkeen van ons op die een of ander wyse. Daar is legio probleme wat met krag onderbrekings gepaard gaan soos dat werknemers partykeer laat vir diens aanmeld en dat werkgewers soms wyer om werknemers te betaal vir die tyd wat die onderbreking geduur het.

Alhoewel daar begrip en simpatie is vir werkgewers ten tye van kragonderbrekings aangesien dit ʼn negatiewe invloed op die produktiwiteit van besighede het wat groot verliese meebring, beteken dit nie dat werknemers nie vir die verlore tyd betaal behoort te word nie.

 

Krag onderbrekings is nie die werker se skuld is nie, en hulle kan derhalwe nie daarvoor blameer of gepenaliseer word nie. Alhoewel werknemers nie aktief gedurende kragonderbrekings is nie, het hulle steeds hulle dienste tot die beskikking van die werkgewer gestel en moet hulle daarvoor vergoed word, die verlore ure kan derhalwe nie van hulle salarisse afgetrek word nie. 

 

Alternatiewe wat soms deur werkgewers oorweeg word gedurende kragonderbrekings het te make met die etenstye en die werk van oortyd ten einde op te maak vir die verlore tyd. Vrae wat die afgelope tyd dikwels voorkom is of werkgewers van die werkers kan verwag om hulle etenstye vroeër te neem ten tye van krag onderbrekings, kan hulle versoek word om verlengde etenstye te neem en of daar van werknemers verwag word om langer ure te werk ten einde op te maak vir verlore tyd.

 

Die  Wet op Basiese Dienvoorwaardes maak voorsiening daaroor dat werknemers 45 ure per week moet werk. Dit beteken 9 ure per dag indien die werker van Maandae tot Vrydae werk. Hierdie kalkulasie sluit etenstye uit. Dit beteken dat die werknemer indirek nie betaal word vir etenstye nie.  In terme van artikel 14 van die Wet  is werknemers geregtig op ʼn etenstyd na elke 5 ure van werk. In terme van dieselfde artikel moet werknemers vergoed word vir enige etenstyd langer 75 minute.

Wanneer dit by die werk van verlengde ure kom het sekere industrie soos byvoorbeeld myne, ongelukkig nie die luukse nie aangesien hulle reeds 24/7 industrieë is en teen volle produksie werk en daar geen kans is dat verlore produksie ingehaal kan word nie. Hierdie werkgewers het ongelukkig geen keuse as om hulle verliese noodgedwonge te aanvaar nie.

 

Vir ander werkgewers is dit egter moontlik om die skade te beperk en dit te probeer inhaal deur verlengde ure in te stel ten einde verlore produksie in te haal. In hierdie gevalle sal werknemers geregtig wees op oortyd betaling van ten minste 1.5 keer hulle normale tarief. Indien die oortyd op ʼn Sondag gewerk word en die werknemer normaalweg nie op Sondae werk nie, moet oortyd teen ten miste 2 keer die normale uurlikse tarief betaal word.   

Vir mee inligting kontak This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.labourguide.co.za

 
manual3

Courses & Workshops 


Health and Safety Representative Course

10 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

13 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

19 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks


Managing Day to Day Issues/ Problem Employees

16 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

29 February 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town


The OHS Act and the Responsibilities of Management          
17 February 2012 

Southern Sun: OR Tambo International Airport

15 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

19 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks

  

Hazard Identification and Risk Assessment Course

22 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

16 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

20 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks

    

Chairing Disciplinary Hearings

23 & 24 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

   

Basic Labour Relations

01 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

09 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

   

Incident/Accident Investigation

02 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

     

Occupational Injuries and Diseases in the Workplace

14 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

29 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

18 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks


AARTO and the Impact on Your Business

20 March 2012

Souther Sun: OR Tambo International Airport



 
seta

Contact Details
Training courses,seminars and conferences

Labour Law and IR Related Workshops
(012) 661 3208
Fax: (012) 661 1411
Peraldo This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or Magda This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Susan Brits This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Contact Details
Health and Safety 


Health and Safety Related Workshops
(012) 666 8284
Fax: (012) 666 8264
Deidre This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Tinus Boshoff This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it