CCMA Information


Labour Court Judgements

Health and Safety



Most recent publications


UIF

AARTO



Discipline & Dismissal


Contracts of Employment

Poor performance



Conditions of Employment


Consumer Protection Act

Courses & Workshops 2011



Employment Equity


FAQs

Retrenchments



Contact Us


COID

Regular Concerns

 

Newsletter Signup

Your Email Address: *
 

1

 

facebook
twitter

 

Konstruktiewe ontslag

André Claassen

Ek ontvang gereeld navrae rakende konstruktiewe ontslag. Dit is nodig dat werknemers besef dat konstruktiewe ontslag sonder enige twyfel een van die moeilikste tipes van ontslag is om te bewys. Die blote feit dat ʼn werknemer voel dat hy/sy onregverdig behandel of ʼn onredelike opdrag gekry het om uit te voer, of voel dat hy/sy blootgestel is aan onregverdige druk, regverdig nie noodwendig ʼn konstruktiewe ontslag nie.

 

ʼn Ander kwessie wat al hoe meer voorkom is wanneer persone wat bedank het na die Departement van Arbeid gaan om van die werkloosheidsversekeringsfonds te eis. Hierdie persone word dan meegedeel dat hulle weens die vrywillige bedanking nie kwalifiseer vir enige toelaes nie en sodoende nie enige eise kan instel nie.

 

Die werknemer meestal desperaat omdat daar soms begroot word vir die toelaes besluit dan daar en dan dat hy konstruktief ontslaan is en voer aan dat hy geen ander keuse gehad het as om te bedank nie. Konstruktiewe ontslag ontstaan wanneer ʼn werknemer met of sonder ʼn kennistydperk bedank as gevolg van omstandighede wat volgens hom ondraaglik geraak het.

 

Die werknemer beskou die omstandighede as onuithoudelik en sien derhalwe nie kans om met sy dienste voort te gaan nie en sien bedanking as die enigste alternatief. Konstruktiewe ontslag kan voorkom wanneer die werknemer sy dienste beëindig as gevolg van onregverdige druk, onredelike instruksies, of as gevolg van die onuithoudbare gedrag van die werkgewer.

Werknemers moet in gedagte hou dat hulle die werkgewer bewus moet maak van die omstandighede wat volgens hulle ondraaglik is. Realiteit is dat indien die werkgewer nie van die probleme in kennis gestel word nie, hy moontlik nie eens daarvan bewus is nie. Daar word dus aanvaar dat die werknemer tevrede is met die werksomstandighede.

 

Wanneer werknemers voel dat hulle onregverdig behandel word of dat die werkgewer die werksomstandighede ondraaglik maak, moet hulle voordat die bedanking oorweeg word, eers die werkgewer op skrif daarvan in kennis stel deur gebruik te maak van die griewe prosedure, daar moet ook ʼn vergadering met die bestuurders skeduleer word ten einde hulle te verwittig van die situasie.

Konstruktiewe ontslag is dus ʼn gedwonge bedanking aangesien die werkgewer die werknemer se werksomstandighede ondraaglik maak. Indien die moontlikheid bestaan dat die werknemer in elk geval sou bedank het sal dit moeilik wees om enigsins konstruktiewe ontslag te bewys.

 

Die volgende is voorbeelde van wanneer konstruktiewe ontslag moontlik geregverdig of van toepassing kan wees.

  • ʼn aanbod van minderwaardige werk en die dreigement dat die werkgewer ontslaan sal word indien hy/sy nie aan die versoek voldoen nie;
  • In gevalle waar werknemers bedank omdat hulle nie onregverdige en onwettige aftrekkings op hulle salarisse aanvaar nie;
  • ʼn onwettige instruksie deur toesighouers wat ly tot ʼn gedwonge bedanking;
  • Seksuele teistering in die werksplek.

Bronne geraadpleeg: Inligtingsblad ten opsigte van beserings of ongeskiktheid verskaf deur die (Kommissie vir bemiddeling, versoening en arbitrasie (KBVA)

Vir meer inligting besoek www.labourguide.co.za

 
manual3

Courses & Workshops 


Health and Safety Representative Course

10 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

13 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

19 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks


Managing Day to Day Issues/ Problem Employees

16 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

29 February 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town


The OHS Act and the Responsibilities of Management          
17 February 2012 

Southern Sun: OR Tambo International Airport

15 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

19 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks

  

Hazard Identification and Risk Assessment Course

22 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

16 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

20 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks

    

Chairing Disciplinary Hearings

23 & 24 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

   

Basic Labour Relations

01 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

09 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

   

Incident/Accident Investigation

02 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

     

Occupational Injuries and Diseases in the Workplace

14 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

29 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

18 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks


AARTO and the Impact on Your Business

20 March 2012

Souther Sun: OR Tambo International Airport



 
seta

Contact Details
Training courses,seminars and conferences

Labour Law and IR Related Workshops
(012) 661 3208
Fax: (012) 661 1411
Peraldo This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or Magda This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Susan Brits This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Contact Details
Health and Safety 


Health and Safety Related Workshops
(012) 666 8284
Fax: (012) 666 8264
Deidre This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Tinus Boshoff This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it