CCMA Information


Labour Court Judgements

Health and Safety



Most recent publications


UIF

AARTO



Discipline & Dismissal


Contracts of Employment

Poor performance



Conditions of Employment


Consumer Protection Act

Courses & Workshops 2011



Employment Equity


FAQs

Retrenchments



Contact Us


COID

Regular Concerns

 

Newsletter Signup

Your Email Address: *
 

1

 

facebook
twitter

 

Die betaling van die dertiende tjek


 
Daar bestaan verskillende tipes bonusse soos byvoorbeeld die dertiende tjek, prestasie bonus, winsdeling ensovoorts. In hierdie artikel kyk ons spesifiek na die betaling van die dertiende tjek. Maatskappye betaal gewoonlik werknemers se dertiende tjek gedurende die feestyd of op die betaaldag van hulle verjaarsdagmaand.

 
 

Die wet op Basiese Diensvoorwaardes maak geen melding ten opsigte van die betaling van bonusse nie. Daar rus geen obligasie of wetlike verpligting op werkgewers om bonusse te betaal nie. Met inagneming hiervan moet die uitbetaling daarvan tussen werknemers en werkgewers beding word. Indien die ooreenkoms bepaal dat bonusse wel betaalbaar is vorm dit deel van die werknemer se diensvoorwaardes en moet dit in die dienskontrak ingesluit word.



Indien werkgewers tradisioneel in die verlede bonusse betaal het, beteken dit nie dat hulle eensydig kan besluit om nie meer enige bonusse uit te betaal nie. Dienskontrakte kan ook nie eensydig verander word nie, aangesien dit soos reeds genoem, deel vorm van die werknemer se diensvoorwaardes. Indien die werkgewer sou besluit om nie voort te gaan met die betaling van bonusse nie, moet daar eers met die werknemers gekonsulteer sowel as ooreengekom word.



In gevalle waar werknemers nie seker is of hulle geregtig is op die betaling nie moet hulle noukeurig na hulle dienskontrakte kyk. Indien die dienskontrak stipuleer dat ʼn bonus as ʼn dertiende tjek betaal word is hulle geregtig daarop en is daar ʼn verantwoordelikheid op die werkgewer om dit te betaal.


 

Voorts moet daar gekyk word na die geskiedenis van betaling. In gevalle waar werkgewers tradisioneel bonusse betaal het vir die voorafgaande jare, bestaan daar ʼn moontlikheid dat daar ʼn verwagting by die werker geskep is. Ongeag of hierdie klousule in die dienskontrak gestipuleer is of nie, is dit moontlik dat die werker ʼn redelike verwagting kan hê om weereens vir dieselfde bonus te kwalifiseer. Die staking van sodanige betalings strek nie net tot nadeel van die werknemer nie , maar is ook onregverdig.



Indien daar enige moontlikheid bestaan dat bonusse nie soos normaalweg uitbetaal sal word nie, moet daar met die werknemers gekonsulteer word. Dit is onaanvaarbaar dat maatskappye op kort kennisgewing, soms ʼn maand voor die tyd of selfs op die betaaldag die verskoning gebruik dat hulle nie ʼn goeie jaar beleef het nie en sodoende dit nie kan bekostig om bonusse te betaal nie.



Realiteit is dat maatskappye lank voor die betaling van die bonusse tot die besef moes gekom het dat daar nie genoeg fondse gaan wees nie, en die werknemers dienooreenkomstig in kennis moes gestel het.

 
manual3

Courses & Workshops 


Health and Safety Representative Course

10 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

13 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

19 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks


Managing Day to Day Issues/ Problem Employees

16 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

29 February 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town


The OHS Act and the Responsibilities of Management          
17 February 2012 

Southern Sun: OR Tambo International Airport

15 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

19 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks

  

Hazard Identification and Risk Assessment Course

22 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

16 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

20 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks

    

Chairing Disciplinary Hearings

23 & 24 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

   

Basic Labour Relations

01 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

09 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

   

Incident/Accident Investigation

02 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

     

Occupational Injuries and Diseases in the Workplace

14 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

29 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

18 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks


AARTO and the Impact on Your Business

20 March 2012

Souther Sun: OR Tambo International Airport



 
seta

Contact Details
Training courses,seminars and conferences

Labour Law and IR Related Workshops
(012) 661 3208
Fax: (012) 661 1411
Peraldo This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or Magda This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Susan Brits This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Contact Details
Health and Safety 


Health and Safety Related Workshops
(012) 666 8284
Fax: (012) 666 8264
Deidre This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Tinus Boshoff This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it