CCMA Information


Labour Court Judgements

Health and Safety



Most recent publications


UIF

AARTO



Discipline & Dismissal


Contracts of Employment

Poor performance



Conditions of Employment


Consumer Protection Act

Courses & Workshops 2011



Employment Equity


FAQs

Retrenchments



Contact Us


COID

Regular Concerns

 

Newsletter Signup

Your Email Address: *
 

1

 

facebook
twitter

 

Bedanking voor ʼn dissiplinêre verhoor

 

André Claassen


Dit is ʼn algemene verskynsel dat werknemers wat klagtes van wangedrag in die gesig staar dikwels bedank voordat die dissiplinêre verhoor plaasvind. Die vraag wat dikwels gevra word is "watter opsies is daar vir die werkgewer as  die werknemer bedank hangende die dissiplinêre verhoor".


 

In sommige gevalle het die werkgewer reeds ʼn ondersoek gehou en tot die gevolgtrekking gekom dat wangedrag plaasgevind het en besluit dat dissiplinêre aksie  noodsaaklik is. Hierdie oortredings is gewoonlik baie ernstig soos byvoorbeeld, diefstal, bedrog, in die besit wees van maatskappy eiendom sonder die nodige toestemming, dros, ernstige gevalle van insubordinasie of soortgelykte wanpraktyke. 

 
 

Persone word normaalweg ontslaan by die skuldig bevinding van hierdie oortredings. Werknemers bedank gewoonlik vrywillig omdat hulle dink dat die bedanking die aantygings sal laat verdwyn omdat die werkgewer volgens hulle niks kan bewys nie.


 

Soms verkeer hulle onder die indruk dat ʼn vrywillige bedanking beter op hulle diensrekords sal vertoon as ʼn afdanking. Indien die werkgewer egter besluit om voort te gaan met die verhoor sal die werknemer se diensrekord steeds inligting bevat oor die beweerde oortredings asook aandui dat die verhoor in absentia gehou is tesame met die uitslag van die verhoor. .


 

Werknemers wat bedank en gevolglik nie opdaag by die dissiplinêre verhoor nie moet in gedagte hou dat die moontlikheid bestaan dat werkgewers tot die gevolgtrekking kan kom dat hulle skuldig is aan die aantygings.  Hierdie persepsie is normaalweg gegrond op die feit dat hulle nie eens van die geleentheid wil gebruik maak om hulle kant van die saak te stel nie.


 

Daar is altyd 2 kante van ʼn saak en om nie die geleentheid te benut om die teendeel te bewys nie, kan die aanname moontlik gemaak word dat die werknemer skuldig is. Die werkgewer is geregtig om voort te gaan met dissiplinêre aksie selfs al het die werknemer bedank. ʼn Groot aantal werkgewers laat vaar egter die klagtes aangesien hulle eerder hulle tyd op ander "belangriker" sake wil spandeer.

   

Alhoewel die bedanking reeds ingedien is, is dit steeds die diskresie van die werkgewer  om voort te gaan met die verhoor, al dan nie. Werknemers is steeds verantwoordelik om die ooreengekome kennis te gee soos gestipuleer in die dienskontrak. Hulle bly derhalwe in diens van die werkgewer totdat daardie datum bereik word, wat ook vir die werkgewer die geleentheid gee om voort te gaan met die verhoor.

 

By oortredings van ʼn kriminele aard soos byvoorbeeld diefstal of bedrog is werkgewers steeds geregtig om voort te gaan met kriminele klagtes.
 

Geskryf in samewerking met Derek Jackson. Vir meer inligting besoek www.labourguide.co.za

 
manual3

Courses & Workshops 


Health and Safety Representative Course

10 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

13 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

19 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks


Managing Day to Day Issues/ Problem Employees

16 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

29 February 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town


The OHS Act and the Responsibilities of Management          
17 February 2012 

Southern Sun: OR Tambo International Airport

15 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

19 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks

  

Hazard Identification and Risk Assessment Course

22 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

16 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

20 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks

    

Chairing Disciplinary Hearings

23 & 24 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

   

Basic Labour Relations

01 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

09 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

   

Incident/Accident Investigation

02 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

     

Occupational Injuries and Diseases in the Workplace

14 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

29 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

18 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks


AARTO and the Impact on Your Business

20 March 2012

Souther Sun: OR Tambo International Airport



 
seta

Contact Details
Training courses,seminars and conferences

Labour Law and IR Related Workshops
(012) 661 3208
Fax: (012) 661 1411
Peraldo This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or Magda This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Susan Brits This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Contact Details
Health and Safety 


Health and Safety Related Workshops
(012) 666 8284
Fax: (012) 666 8264
Deidre This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Tinus Boshoff This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it