CCMA Information


Labour Court Judgements

Health and Safety



Most recent publications


UIF

AARTO



Discipline & Dismissal


Contracts of Employment

Poor performance



Conditions of Employment


Consumer Protection Act

Courses & Workshops 2011



Employment Equity


FAQs

Retrenchments



Contact Us


COID

Regular Concerns

 

Newsletter Signup

Your Email Address: *
 

1

 

facebook
twitter

 

Arbitrasie

 

André Claassen



Ons het verlede week gekyk na die meer informele proses van konsiliasie. Arbitrasie is ʼn meer formele proses. Tydens die verrigtinge (arbitrasie) hoor die kommissaris die eise en teen eise van beide partye aan en besluit op ʼn finale skikkings ooreenkoms in die vorm van ʼn arbitrasie beslissing. Die beslissing word ʼn bevel nadat beide partye aangehoor is en is wetlik biddend op die partye.


 

Gedurende die verrigtinge mag die partye bewyse voorlê, getuies roep en die ander party se getuies ondervra. Om uitstel te kry op arbitrasie is ʼn omvattende, moeilike en tydrowende proses en kan nie net as vanselfsprekend aanvaar word nie. Uitstel sal slegs gegee word indien dit voldoen aan KBVA reël 23. Dit is noodsaaklik dat beide partye skriftelik instem tot die uitstel. Die versoek om uitstel moet die KBVA ten minste 10 dae voor die verhoor bereik.

 
 

Die werkgewer mag homself  in persoon by die CCMA verteenwoordig of verteenwoordig word deur ʼn regsverteenwoordiger,  ʼn direkteur of werknemer van die maatskappy. Die werknemer kan verteenwoordig word deur ʼn regsverteenwoordiger,  ampsdraer, amptenaar of verteenwoordiger van die werknemer se geregistreerde vakbond.


 

Dit is belangrik dat die partye die bewyse wat voorgelê gaan word voorberei voor die tyd en seker maak dat die voorleggings duidelik en spesifiek is. Getuies wat nodig mag wees om die saak te ondersteun moet voorberei word en daar moet seker gemaak word dat die getuies beskikbaar sal wees op die datum van die verhoor.


 

Wat gebeur as die ander party nie die arbitrasie bevel eerbiedig nie?



ʼn Arbitrasie bevel ten opsigte van vergoeding wat deur die kommissaris uitgereik word is finaal en bindend en kan afgedwing word deur die KBVA Direkteur. Dit beteken dat die KBVA by magte is om ʼn arbitrasie beslissing ʼn "hof bevel" te maak.



Indien die ander party nalaat om die ooreenkoms na te kom moet die applikant die vorm 7.18 voltooi. Die Direkteur van die KBVA moet dan die bevel sertifiseer as ʼn hofbevel. Hierdie vorm moet dan na die Registrateur van die Arbeidshof geneem word ten einde ʼn lasbrief aan die Balju uit te reik ten einde uitvoering daaraan te gee.

 
 

In die geval van beslissings deur 'n Bedingingskamer , moet die applikant die vorm LRA 7. 18 A invul en dieselfde prosedure volg soos uiteengesit. Vir die afdwingbaarheid van enige ander gesertifiseerde bevele soos byvoorbeeld waar dit nie betrekking het op die betaling van vergoeding nie, kan die applikant geregtelike stappe neem in die arbeidshof met betrekking tot minagting van die hof. Die sertifiserings bevele is so saamgestel dat dit die afdwingbaarheid van die verpligtinge wat daarmee gepaard gaan te bespoedig

 

Bronne gebruik: Inligtingsblad ten opsigte van Arbitrasie verskaf deur die (Kommissie vir bemiddeling, versoening en arbitrasie (KBVA). Vir meer inligting kontak This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it   of besoek www.labourguide.co.za

 
manual3

Courses & Workshops 


Health and Safety Representative Course

10 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

13 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

19 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks


Managing Day to Day Issues/ Problem Employees

16 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

29 February 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town


The OHS Act and the Responsibilities of Management          
17 February 2012 

Southern Sun: OR Tambo International Airport

15 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

19 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks

  

Hazard Identification and Risk Assessment Course

22 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

16 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

20 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks

    

Chairing Disciplinary Hearings

23 & 24 February 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

   

Basic Labour Relations

01 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

09 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

   

Incident/Accident Investigation

02 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

     

Occupational Injuries and Diseases in the Workplace

14 March 2012

Southern Sun: Century City (Canal Walk): Cape Town

29 March 2012

Southern Sun: OR Tambo International Airport

18 April 2012

Kingfisher Conference Centre: Mount Edgecombe: Umhlanga Rocks


AARTO and the Impact on Your Business

20 March 2012

Souther Sun: OR Tambo International Airport



 
seta

Contact Details
Training courses,seminars and conferences

Labour Law and IR Related Workshops
(012) 661 3208
Fax: (012) 661 1411
Peraldo This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or Magda This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Susan Brits This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

Contact Details
Health and Safety 


Health and Safety Related Workshops
(012) 666 8284
Fax: (012) 666 8264
Deidre This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Manager: Tinus Boshoff This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it