Ontslag as gevolg van bedryfsvereistes (Retrenchments) |
|
André Claassen
Hierdie tipe van ontslag het te doen met ekonomiese faktore soos ʼn tekort aan fondse waar die organisasie dit nie meer kan bekostig om ʼn sekere aantal mense in diens te hê nie en daar sekere werkers noodgedwonge onslaan moet word. Dit gebeur ook soms dat maatskappye opgradeer en nuwe tegnologie bekom wat beteken dat sekere persone oortollig is, aangesien sekere funksies wat normaalweg deur mense vervul is nou deur masjiene of rekenaars hanteer kan word.Werknemers se gedrag en vorige dissiplinêre rekords speel nie ʼn rol in die selekterings proses as gevolg van ontslag deur bedryfsvereistes nie.
Ingevolge artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge moet daar oorleg gepleeg word met die volgende partye wie moontlik deur die voorgestelde ontslag geraak gaan word:
- Enige werkplekforum (indien van toepassing);
- Met enige geregistreerde vakbond wie se lede moontlik deur die voorgestelde ontslag geraak sal word ;
- Met die werknemers wie moontlik geaffekteer gaan word .
Die bogenoemde partye moet poog om ooreenstemming te bereik op geskikte maatreëls
- Om die ontslag te vermy;
- Om die getal persone wat ontslaan word, tot die minimum te beperk;
- Om die tydsberekening van die ontslag te verander;
- Die metode of kriteria wat gebruik gaan word vir die selektering van die werknemers van ontslaan gaan word sowel as die skeidingspakket van die werknemers wat moontlik ontslaan gaan word,
Werkgewers moet die volgende inligting skriftelik verskaf:
- Die redes vir die beoogde ontslag;
- Die alternatiewe wat oorweeg is voordat die beoogde ontslag voorgestel is, en die redes waarom elkeen van hierdie voorstelle nie aanvaar is nie;
- Die aantal werkers wat moontlik geraak gaan word sowel as die werkkategorieë of poste waarin hulle werksaam is;
- Die voorgestelde kriteria wat gebruik gaan word waarvolgens werkers ontslaan gaan word;
- Die datum waarop, of die tydperk waartydens, die ontslag waarskynlik van krag sal word;
- Die voorgestelde skeidings/ uittree loon
- Enige bystand wat beoog word om die werknemers wat moontlik ontslaan gaan word, aan te bied, (byvoorbeeld tyd af om alternatiewe werk te soek ensovoorts);
- Die moontlikheid van die toekomstige herindiensneming van die werknemers wat ontslaan gaan word;
- Die getal werknemers in diens van die maatskappy; en
- Die aantal werkers wat die onderneming in die voorafgaande 12 maande ontslaan het weens redes wat verband hou met bedryfsvereistes
Die werkgewer moet die party waarmee gekonsulteer word die geleentheid gee om voorleggings te doen en skriftelik daarop reageer. Indien geen ooreenkoms met betrekking tot die kriteria bereik word wat toegepas gaan word nie moet die kriteria van laaste in eerste uit gebruik word (LIFO). Dit beteken dat die persone wat laaste by die onderneming begin werk het, eerste geaffekteer sal word.
Persone wat ontslaan word as gevolg van operasionele vereistes moet die volgende betalings ontvang:
- ʼn Skeidingspakket van ten minste een week vir elke voltooide jaar van diens;
- Uitstaande verlof;
- Betaling vir die kennis tydperk;
- Afhangende van die dienskontrak sal die werknemer moontlik ook geregtig wees op pro rata diensbonus
Maatskappye met meer as 50 werknemers moet let op die prosedures soos beskryf in Artikel 189A van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Vir meer inligting besoek www.labourguide.co.za |
|
Onbillike ontslag: Hoe om ʼn dispuut na die KMVA (CCMA) te verwys |
|
Wat staan ʼn persoon te doen as hy voel dat hy onbillik ontslaan is. Afhangende van die sektor/ industrie waarin die werker werksaam is, sal die persoon die Kommissie vir Bemiddeling, Konsiliasie en Arbitrasie (KBVA) en/of die betrokke bedingings kamer moet kontak. Indien die werknemer nie seker is watter sektor hy/sy in werksaam is en/of hulle onder die jurisdiksie van ʼn spesifieke bedingings kamer val nie, kan die KBVA (CCMA) telefonies gekontak word by 0861 16 16 16.
Alvorens die werknemer ʼn saak na die KBVA verwys is dit nodig dat hulle die volgende in gedagte hou:
- Die KBVA is gratis en daar is geen kostes aan verbonde om ʼn saak vir bemiddeling te verwys nie;
-
Dit is nie nodig om ʼn arbeidskonsultant of prokureur te raadpleeg ten einde ʼn saak te verwys nie;
-
Die blote feit dat ʼn regsadviseur die nodige administrasie doen, is nie genoegsame rede om ʼn positiewe resultaat te waarborg nie.
-
Diegene wat ʼn saak na die KBVA wil verwys moet die vorm LRA 7.11 voltooi. Hierdie dokument is gratis beskikbaar by die kantore van KBVA en kan ook afgelaai word by www.ccma.org.za. Hierdie dokument kan ook kosteloos verby word deur bloot ʼn epos te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
met die woorde LRA 7.11 in die boodskap blokkie.
Die vorm is gebruikers vriendelik en bestaan uit slegs 5 bladsye. Persone wat probleme ondervind om die vorm te voltooi kan by die KBVA en/of die Departement van arbeid aanklop vir hulp. Dit is belangrik om daarop te let dat die vorm binne 30 dae vanaf datum van afdanking verwys moet word. Na afloop van die 30 dae tydperk sal persone vir kondonasie moet aansoek doen en die onder andere moet verduidelik, waarom die saak nie binne 30 dae verwys is nie, die moontlikheid van sukses ens.
Na voltooiing van vorm LRA 7.11 moet die persoon wat die dispuut verwys die werkgewer in kennis stel van die verwysing. Daar is verskeie maniere om die te doen deur middel van, ʼn geregistreerde bewys van die Poskantoor, erkenning van bewys deur middel van ʼn handtekening dat die werkgewer ontvangs erken het ens. Lesers word geadviseer om bloot die nodige dokumente na die werkgewer deur te faks en die teen blaadjie as bewys na die naaste kantore van KBVA saam met die vorm deur te faks.
Vir meer inligting kontak
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
|
|
|
|
|
|
|
Page 9 of 19 |